(1875 Connecticutlaan, N.W., Kamer 300, Washington DC 20009-5728. $24 vir 10 uitgawes.)


Tien Redes Om Liewer Vegetaries Te Eet

Teks: Bonnie Liebman (Oorspronklik in Engels.)

Daar is toenemende bewyse dat die gesondste diëte belaai is met plantaardige voedsel (groente, vrugte en bone), en dat dit uit ’n verminderde hoeveelheid dierlike voedsel (vleis, vis, pluimvee en melkprodukte) bestaan, veral dié met ’n hoë vetinhoud.

“’n Dieet wat ryk is aan vrugte en groente, speel ’n rol om die risiko van alle hoofoorsake van siektes en dood te verminder”, sê Walter Willet, Hoof van die Voedingsdepartement van Gemeenschapsgesondheid aan die Universitieit van Harvard.

Baie mense vind die woord vegetariër gewigtig. Dit verwys kenmerkend na mense wie om etiese, geloofs- of gesondheidsredes nooit vleis, vis of pluimvee eet nie. Vegans vermy ook alle melkprodukte en eiers. Wetenskaplikes is meer geïnteresserd in hoe dikwels – nie óf – mense dierlike voedsel eet. Baie van hul navorsing wys na dieselfde gevolgtrekking: mense behoort minder dierlike voedsel te eet en meer plantaardige voedsel, veral vrugte en groente. Waarom? Hier is 10 redes – sommige is verwant aan gesondheid, andere nie.

1. Kanker

“Vanuit ‘n wetenskaplike oogpunt beskou, word dit sterk aangedui dat vrugte en groente beskermende elemente is teen alle maag- en dikdermkankers, asook alle kankers wat deur rook veroorsaak word”, sê Tim Byers, professor van Voorkomende Geneeskunde by die Centrum van Gesondheidswetenskappe aan die Universitiet van Colorado in Denver. Dit sluit in kanker van die long, derm, maag, mond, larinks, slukderm en blaas. In ’n onlangse studie is gevind dat lycopien – ’n karotenoïde in tamaties en tamatiesous – dalk teen prostaatkanker kan beskerm.

Dit is nie duidelik hoe vrugte en groente die risiko van kanker dalk kan verminder. Dit kon hul fytochemalieë wees – soos karotenoïdes, vitamine C en E, selenium, indole, flavoïdes, fenole en limonene.

Daar is ook bewys dat hoë vesel grane, soos koring semels, die risiko van kanker kan verminder. “Vesel is effektief ter voorkoming van dikdermkanker”, sê David Jenkins, ’n gesaghebbende op die gebied van plantvesel aan die Universteit van Toronto. Pasta, rys en ander grane kan dierlike voedsel vervang – veral rooi vleis – wat dalk die risiko van sekere kankers kan verhoog.

“By diegene wat vyf of meer keer per week rooi vleis as hoofgereg eet, is die risiko vier keer hoër as by diegene wat rooi vleis minder as een keer per maand eet”, sê Edward Giovannucci van die Mediese Skool van Harvard. Sy studie op 50 000 gesondheidsprofessionele mans dui aan dat die moontlikheid van prostaatkanker twee keer so hoog is by groot rooi vleiseters.

Dit is maar een studie. Lawrence Kushi van die Universiteit van Minnesota sê: “Deur na andere studies te kyk, stem die bewyse redelik ooreen dat rooi vleis verbonde is aan ’n hoër risiko van dikdermkanker – moontlik ook prostaatkanker.”

Dit skyn asof selfs maer vleis die risiko van dikdermkanker verhoog. “Dit kon die karsinogene wees wat geskep word wanneer vleis gaargemaak word, of dit is die hoë ysterinhoud van vleis, of iets anders in vleis,” reken Willett.


2.Hartsiekte

’n Plantaardige dieet wat uit baie vrugte en groente bestaan, kan die risiko van hartsiekte verminder. Die afgelope 20 jaar het hartspesialiste die besnoeiing van die inname van versadigde vetsure en cholesterol benadruk, maar plantaardige voedsel kan dalk die hart op ’n ander manier beskerm. Onder hulle is:

*Oplosbare Vesel: “Om jou risiko van hartsiekte te verminder, wil jy dalk meer bone, ertjies, hawer en gars eet,” sê Jenkins, want dit skyn asof hul kleverige oplosbare vesel help om die bloed cholesterol te verlaag.

*Foliensuur: “Die bewys dat foliensuur die risiko van hartsiekte verminder, is redelik sterk,” sê Willet. Foliensuur, ’n B-vitamine, verlaag die bloedvlakke van ‘n skadelike aminosuur genaamd homosistine. “Vrugte en groente is belangrike bronne van foliensuur,” sê hy.

*Anti-oksideermiddels: Daar is ’n toename in bewyse dat LDL (“slechte”) cholesterol, slagare beskadig wanneer dit geoksideer word. ( met suurstof verbind word). Daarom glo navorsers dat anti-oksideermiddels soos vitamine E die hart dalk beskerm. Baie van die fytochemikalieë in vrugte en groente is anti-oksideermiddels.

*Verplasing van Versadigde Vetsure: Indien jy baie plantaardige voedsel eet, is daar gewoon te min plek vir versadigde dierlike vette om die slagare te verstop.


3. Beroerte

Daar is ’n magdom bewys dat vrugte en groente voordelig is om die risiko van ’n beroerte te verminder,” sê Willet. Byvoorbeeld, in ’n studie oor 20 jaar op 832 middeljarige mans, was die risiko van ’n beroerte 22% verlaag met elke drie maaltye van vrugte en groente per dag. Weereens is niemand seker of dit die kalium, magnesium, vesel of ander bestanddele van vrugte en groente is wat die verstopping van slagare in die brein voorkom.


4. Divertikulose en Konstipasie

Hoë vesel grane – veral koring semels – kan help om konstipasie te voorkom. Dit is nie gering in ’n land soos die VSA waar miljoene per jaar op lakseermiddels gespandeer word.

Divertikulose is ook algemeen. Ongeveer 30% tot 40 % van mense oor 50 ly daaraan, alhoewel min van hulle simptome het. Andere ondervind bloeding, konstipasie, diaree, winderigheid, pyn, of divertikulitis (wanneer die uitstulpings – of divertikula – in die wand van die dikderm ontsteek.)

“Ons studies wys duidelik dat die vesel in beide semels en vrugte en groente beskermend is,” sê Willet. By diegene wat die minste hoeveelheid vesel geëet het (13 gram of minder per dag), is die voorkoms van divertikulose byna twee keer hoër as by diegene wat die hoogste hoeveelheid vesel geëet het. (ten minste 32 gram vesel per dag).


5. Ander Siektes

Diëte ryk aan plantaardige voedsel kan dalk ander siektes voorkom:

*Makulêre Degenerasie: ’n Karotenoïde genaamd lutien – veral in blaargroente aanwesig – kan dalk die agteruitgang van die retina voorkom wat blindheid by ouer mense veroorsaak. “Ons studie bewys dat diegene wat twee tot vier keer per week spinasie of kool eet, die risiko van makulêre degenerasie tot die helfte verminder is, in vergelyking met diegene wat minder as een keer per maand dit eet,” sê Johanna Seddon van die Mediese Skool van Harvard.

*Neurale Buisafwykings: Foliensuur aanvullings kan die risiko van spina bifida en ander geboorteafwykings van die neurale buis verminder. Foliensuur in voedsel (hoofsaaklik in vrugte en groente) kan dalk ook hierdie risiko verminder.

*Suikersiekte: “Ons het ’n laer voorkoms van volwasse suikersiekte waargeneem by mense wat meer volgraan voedsel eet,” sê Willet.


6. Veiliger Voedsel

Sommige van die dodelikste siektes het hul oorsprong by die inname van dierlike voedsel. “Maelvleis is ’n moontlike bron van E.Coli 0157:H7. Pluimvee is die draer van Salmonella en Kampilobakter, en die inname van rou skulpvis het ’n infeksie met Vibrio Vulnificus veroorsaak,” sê David Swerdlow van die Centrum vir die Beheer van Siektes in Atlanta.

Enige rou voedsel – insluitende vrugte en groente – kan beskadigende bakteries dra. “Byvoorbeeld, die onlangse uitbreking van Salmonella is verbonde met spanspek, tamaties en lusern spruitjies,” sê Swerdlow. Vleis, seekos en pluimvee is heel moontlik verantwoordelik vir voedseldraende siektes.


7. Die Omgewing

“Onse eet gewoontes het ’n enorme effek op die planeet,” sê Jenkins. “Indien diere op ’n kleiner skaal geëet sou word, sou die omgewing nie skade ly nie,” verduidelik Alan Durning, Direkteur van die Noord-westelike Omgewingswag in Seattle.

“Die moderne produksie van vleis behels die intensiewe gebruik – en dikwels misbruik – van graan, water, energie en weivelde,” sê Durning. Hy gee die volgende voorbeelde:

*Waterbesoedeling: Die mis en rioolvuil van veekrale, hoenderfabrieke en ander voedingsfasiliteite kan die watervoorraad besoedel.

*Lugbesoedeling: Dertig miljoen ton metaan – ‘n gas wat bydra tot globale verhitting – is afkomstig van mis in riooldamme of mishope.

*Gronderosie: Byna 40% van die wêreld – en meer as 70% van die VSA – se graanproduksie word as veevoer gebruik. Met elke pond (500 gram) vleis, pluimvee, eiers en melk wat geproduseer word, verloor plase ongeveer vyf pond van sy bogrond.

*Wateruitputting: Dit word geskat dat 50% van die graan en hooi wat aan vee gevoer word, op besproeide lande verbou word. Dit neem ongeveer 390 gelling (1755 liter) water om ’n pond (500 gram) vleis te produseer.

*Energie Gebruik: Ongeveer tien keer meer energie word gebruik met die teel en vervoer van vee, as met die verbouing van groente.

*Oorweiding: Ongeveer 10% van die dorre Weste van die VSA is deur veebou veroorsaak. ‘n Deel van hierdie grond kon nie juis vir iets anders gebruik word nie. “My redenering gaan nie om vegetarisme te staaf nie, maar om die inname van dierlike produkte te verminder,” hou Durning vol.

 


8. Koste

 

Dit is onplesierig om aan te dink, maar voordat ons die diere wat ons eet, slag, word hulle dikwels onder onmenslike omstandighede geteel en vervoer.

 

9. Diere Welstand

 

Dit is onplesierig om aan te dink, maar voordat ons die diere wat ons eet, slag, word hulle dikwels onder onmenslike omstandighede geteel en vervoer.

 

10. Smaak

Die belangrikste rede om ’n dieet ryk aan groente te volg, is omdat dit lekker smaak. Die vyf groentesoorte wat die Amerikaners die meeste eet, is gebraaide aardappelrepies, tamaties (meestal as sous), uie, kropslaai en aardappels.

Indien die meeste Amerikaners hul inname van vleis, seekos en pluimvee by hul maaltye verminder, sou hulle – of baie van hul gunsteling restourante – nie weet waarmee dit te vervang nie. Jy moet na etniese restourante gaan om interessante groente disse te vind. Dit is geen toeval dat etniese restourante weet hoe om groente disse lekker te laat smaak. “Gelukkig is daar ‘n magdom van ervaring om die wêreld, want byna alle traditionele diëte is basies plantaardig,” sê Willet.

Tog het baie Italiaanse, Mexikaanse en ander etniese restourante só veramerikaans dat hul groente hoofsaaklik vervang is deur vleis en kaas. Dit is jammer. Met Asiatiese en Meditereense cuisine is die kook van vrugte en groente ‘n kunsvorm. Byvoorbeeld, die Italianers voeg nie groot hoeveelhede vleis en kaas by ’n pizza. Onlangs het ek ’n pizza met ’n dun deeglagie by ’n traditionele restourant geniet – sonder kaas, alleen met vars basiliekruid en knoffel. Dit was absoluut verruklik.


Copyright 1996 CSPI.
Przedrukowane i zaadaptowane
z Nutrition Action Healthletter